Pieter se goed deurdagte ontwerp, maande se beplanning en skep van ‘n nuwe Bush Nest konsep, is besig om uit te broei en die lewenslig te sien.

‘n Pragtige nuwe droom is besig om die nes te betree – met kraampyne en al!

En sy naam is PATRYS.

“Ek sal die naam PATRYS altyd konnoteer aan 2x baie spesiale herinneringe – ‘n Patrys voël en sy gedrag vroeg in die oggend as hy nes skrop en regmaak vir die nuwe dag, asook die van ‘n pragtige klein blonde dogtertjie met die bynaam Patrys, wat spontaan langs my kom kniel het tydens lofprysing.”

Die BUSH NEST PATRYS 4X4 SLAAPWA sal inderdaad ‘n volwaardige 4X4 Veldwa wees sodra sy gespeen is.

PATRYS se familietrekke kan as volg saamgevat word:

Spesifikasies:

  • Aluminium konstruksie
  • Die sporing van die wa sal by die meeste groot veldvoertuie (4X4’s) aanpas.
  • Inloop remstelsel
  • 2T trekstang (coupler)
  • PATRYS sal die eerste nuwe generasie Bush Nest sleepwa wees met ‘n onafhanklike trailing-arm suspension

 

Eienskappe

  • Instap deur
  • 3-slaper
  • Neuskas
  • Reuse kombuis
  • Yskas/vrieskas kombinasie
  • Warm/koue water stelsel
  • 12V/220V sisteem
  • 1x of 2x 12V batterye (opsioneel)
  • Ralley tent met sykante
  • Reuse stoor area
  • Afsonderlike klerasie pakplek
  • 12V LED beligting
  • Opwip dak
  • Uitsonderlike ventilasie
  • 2x gasbottels
  • Oopswaai opwas geriewe
  • 75L watertenk

 

Hou ons blad dop vir die geboortegewig van ons nuweling, PATRYS.

17 Februarie 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *